stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Stof
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Elke dag bewandel ons hom: 'n klont stof - die aarde. Stof is dit wat die oppervlak van die aarde bedek. Vanuit die stof is die mens geskep en daarna sal hy terugkeer. Tog skreeusnaaks hoe een stuk stof soms dink hy is minder stowwerig as 'n ander stuk stof. Of is hoogmoedige stof dalk effe van die oppervlak verwyderd omdat dit nooit vastrapplek kry nie? Stof moet ons daagliks herhinder dat ons skepsels van dieselfde God is. Daarom dat stof aan ons vaskleef, en nie sommer wyk nie. Het jy al ervaar hoedat 'n stukkie van jouself saam weggevoer word in die pyp as jy kyk hoe die bruin water in die afvoerpyp afgor nadat jy gebad het?

Dan besef jy dat jy uit jouself steeds net stof is. Dan word die Here se genadeplan duidelik: dat Hy soveel vir 'n stukkie stof kon omgee, om jou deel van Sy ewige Koninkryk te wil maak.

En dalk sommer nog baie binnekort, as Hy my en jou kom haal, laat Hy ons stof agter op aarde, en maak van ons goud in Sy ewige Koninkryk.

© Stof 1999/02/10

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.