stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Lojaliteit
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

“Die ware kenmerk van iemand wat Christus ken, is wat hy of sy sou doen as hul weet hul sal nie uitgevang word nie.”

Rondom ‘n braaivleisvuur met ‘n gefortifiseerde voggie in die hand is hierdie vraag al menige keer gevra “Wat is die definisie van ‘n ware man?” Dan sou daar allerlei antwoorde wees wat wissel van materieële sukses tot en met ‘n rokjagter wat gewetenloos spog met sy vangste. Ook stories oor die vermoë om spoed te trotseer en so ander se lewens in gevaar te stel.

Uiteindelik is daar ook die ou wat reeds ver heen is wat skat die maatstaf is hoeveel alkohol ‘n liggaam kan absorbeer. Te oordeel aan sy afdak verwys hy waarskynlik na homself.

Die dinge is egter selde dieper as veldiep. In wese is die man wat steeds sy waardes handhaaf, al weet hy niemand anders behalwe die Vader sien hom op daardie oomblik nie, die een wat in stilte wel die toets geslaag het. Hy wat eenuur vannag wel stop by die rooi verkeerslig, en homself nie slimmer hou as die res van die węreld nie. Hy wat nie met valse motiewe mooi komplemente sal gooi met die hoop om self baat daaruit te vind nie.

‘n Ware man sal nęrens so optree dat hy onder enige omstandigdhede sy optrede sal hoef te verswyg nie.

© Stof 2003/09/05

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.