stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Wraakgesprekke
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Ek het al dikwels sonder dat ek dit bedoel het myself gevang dat ek ‘n gesprek in my gedagtes met iemand voer van wie ek om die een of ander rede sou verskil. Die gesprek sou uiteindelik lei daartoe dat ek dan die opponent op nie noodwendig ‘n ru wyse nie, maar tog oortuigend die aftog sou laat blaas. Dan is daar ook die wraakgesprekke teenoor hulle wat ek soms voel, my sou verontreg het. Deur allerlei slim woordtruuks en redenasies word ook die mense stert tussen die bene weggestuur. Al het hierdie geprekke nie hoorbaar en in die ander persoon se teenwoordigheid afgespeel nie, het ek tog reeds bloot deur dit te voer, ‘n aantasting van die persoon se menswaardigheid as skepsel van God gemaak. Elke mens teenoor wie so ‘n denkbeeldige gesprek gevoer word, is egter ook ‘n skepsel van God en hierdeur het ek myself aangematig om oordele te fel wat my nie beskore is nie. Ek is dankbaar dat Hy my ook al hoe meer genees van hierdie tipe gesprek, en dat dit nadat Hy en ek daaroor kon praat en die saak oplos, toesien dat daar ‘n alarm in my lui elke keer as ek so-iets wil begin. Ook hierdie verskynsel van wraakgesprekke was ‘n defnitiewe buffer tussen God en my. Daarteen moet altyd gewaak word. Wraakgesprekke bly 'n jakkals wat waarskynlik ons almal treiter. As ons dit nie oorwin nie, sal ons lewenslank op ander bly trap.

© Stof 2003/03/17

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.