stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Die kroon van die skepping
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Die term 'vrou' word gereeld op uiteenlopende maniere en met verskillende konotasies gebruik. Elke uitspraak wat gewoonlik oor 'n vrou gemaak word, berus op 'n ander benadering. Tog, as die verfdun gesigmasker gestroop word, die eksotiese weefstowwe wat haar omring, die figuurmania wat soveel verwar, verwyder word, en die ware wese genaamd 'Vrou' aanskou word, word die doel van haar skepping duidelik. Sy is 'n amalgamerende faktor in haar gesin, haar gemeenskap. Sy is kompleks, maar hoe kan sy dan anders as kompleks wees as alles wat edel is in een wese ingebou is? Geen mens mag ook so arogant wees om daarop te roem dat hy so 'n meesterlike samestelling in een wese kan verstaan nie, want sy is nie deur 'n mens uitgedink nie. Sy kan nie nageboots en vervals word nie, want geen mens kan so uitnemend soos haar Skepper skep nie. Sy is daar, want sonder haar sou die aarde 'n blote meganiese stryd om voortbestaan gewees het. Sy gee aan hierdie voortbestaan betekenis, en haar diversiteit neem enige vervelige voorspelbaarheid uit die lewe uit. As elke wese wat hierdie eretitel 'Vrou' werd is dit volkome uitleef, is dit onnodig om menslike maatstawwe vir die term 'dame' te skep, want inherent is 'Vrou' 'n eretitel wat nooit verhandel of vervreem kan word nie. Kyk dus verby die kosmetiese maskers en uiteenlopende verpakkings, en sien die ware wese raak. Dan begin die wÍreld ook weer kleur kry en die skepping sin te maak.

© Stof 1991/07/28

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.