stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Jaloesie maak jou gifgroen:
Ope brief aan Alex Di Cesare, broer van Antonio Di Cesare
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Hierdie ope brief aan jou het noodsaaklik geword het na jou jongste infantiele optrede. Ek het gehoop dit sou nie nodig wees nie omdat ek tog 'n klein bietjie hoop gehad het dat selfs jy betyds tot jou sinne kon kom. Ooglopend het my oordeel my in hierdie hoop, lelik in die steek gelaat.

Daarom deel ek openlik en eerlik met jou. Nie deur skinderstories nie. Nie agter jou rug nie. Ook nie met 'n oordeel nie. Bloot eerlik en direk sodat jy kan weet dis ekself wat die gedagtes met jou deel. Dat ek genoeg respek vir 'n deeltjie van jou het dat ek nie incognito en agteraf jou beskinder nie, maar dit voor jou aan jou sê.

Tot op hede het ek probeer verstaan waarom jy jaloers is op jou talentvolle broer. Selfs probeer rede sien daarin. Maar dit het nie geslaag nie. Tot nou toe het jy oor jare daarin geslaag om jou broer Antonio uit te boelie uit 'n eerbare musiekloopbaan. Jy het dit deur direkte aksies, skimpe, agteraf gekonkel en pogings om hom, waarop jy ongeneeslik jaloers is, te verkleineer. En jy het nogal reggekry om hom uit 'n goeie openbare loopbaan te kry. Daarmee saam het jy hom subtiel probeer manipuleer deur 'n voltydse vakmanloopbaan wat jy weet nie versoenbaar is met sy aard nie, in sy keelgat af te druk. Omdat jy bedreig gevoel het. Omdat jy slim genoeg was om te sien as jy hom nie pootjie nie, gaan hy 'n groter sukses as jy word. So het jy hom laat glo dat hy nie instaat is tot sukses nie en dat hy van jou genade afhanklik sou wees om dag tot dag te leef. Jy het probeer om jouself as meerderwaardig teenoor hom te bewys deur intimidasie en negatiwiteit. Meer presies, om hom deur twyfelagtige taktiek , te probeer AFTREK na jou vlak. Jy het hom skaamteloos voor gaste gevloek, hom as 'n nikswerd beskryf. Tot nou toe het jou intimidasie grootliks geslaag, maar ek is dankbaar dat Antonio tog nou, met die hulp van mense wat werklik omgee, besef het hy is 'n meester op sy gebied en dat jou kleinlike pogings om hom tot jou vlak af te trek nie meer 'n invloed op hom hoef te hê nie.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Toe jy sien jou gekonkel is ontmasker en Antonio is besig om op te staan, teiken jy toe die wat hom help opstaan het. Stuur vuil SMS'e aan 'n vrou wat seker een van dié top promotors is en werklik moeite gedoen het om vir Antonio die geleenthede te kan aanbied wat jy hom in 'n leeftyd nie sou gun nie. Ek is seker daar is meer insig en opregtheid in een van haar blonde hare as wat daar in al jou deurmekaar hare is. Gelukkig is sy volwasse genoeg om te besef dat die SMS'e wat jy van 'n onbekende nommer af aan haar gestuur het, nie van Antonio af om nie. Jy is dus ontmasker. Dit wat jy waarskynlik gehoop het haar sou kwaadmaak vir Antonio, het nou omgedraai en jou taktiek is oopgevlek. Sy is reeds volwasse, en sien dus duidelik deur jou vloermoere. Sy het opgehou met vloermoere toe sy sowat twee en 'n half jaar oud was, jy het ongelukkig daar vasgesteek.

Die boodskap agter die ope brief is dit. Ons sien jou plan. Antonio weet ook wat jou plan is. En daar is 'n gedugte en professionele span agter hom om toe te sien dat hy die sukses wat hy al kom bereik het, as jy nie so kleinlik was nie, nou kan bereik. Hierdie professionele span glo in hom, en sal toesien dat hy die geleenthede kry om weer baie vinnig uit te styg, of jy daarvan hou of nie, of jy jaloers is daarop of nie.

En oor myself: Ek wil graag die versteekte diamant wat dalk tog iewers in Alex Di Cesare verskuil is, eendag sien. Ek weet dis daar iewers, maar word verskuil deur 'n valse brawade. So misgun jy jouself die talente en vermoëns wat jy reeds het, bloot omdat jy dit nie wil of kan raaksien nie. Die oomblik as jy besef dat manipulasie en sabotasie nie die enigste weg boontoe is nie, sal jy verstom wees oor wat jy kan vermag deur bloot net jouself te wees.

Ter afsluiting net 'n klein ou notatjie oor 'n groot man. Die promotor teenoor wie jy nou so afgaan, se man is 'n spiertier wat heelwat groter as jy is. Hy is 'n ware heer, gewoonlik baie vreedsaam, aangenaam en veral nederig oor sy indrukwekkende fisiese krag. Sover ek weet het hy dit tot op hede nog nie op 'n ander plek as die gym aangewend nie, maar dit waarborg niks.....

Seënwense

Stof

Alex, jy, of enige iemand wat wil reageer, kan hierdie skakel gebruik om per epos op hierdie ope brief te reageer.

© Stof
.