|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
Sosiale destruksie in die digitale era
Om jouself te disiplineer...
|
|
| | |
|
Tot heel onlangs, was dit die norm dat ‘n restaurant, ‘n kuierplek was waar mense met mekaar kan gesels en in ligte luim, die dag se sorge kon afskud. In die middel negentigs, het mobiele telefone aangesluit by die sosiale stelsel. Hierdie apparaatjie, het egter so deel van baie se lewe geword, dat hulle selfs in restaurantem gelyke status begin kry het, as dit by spreekbeurte kom. Heel onlangs het fone ook funksies wat webverband en sosiale media verband is, as eienskap bygekry. Meteens was dit nie net ‘n moontlike oproep of teksie wat ‘n genoeglike gesprek kon onderbreek nie, maar menslike nuuskierigheid oor watter onsigbare mens, dalk iets vir hulle gestuur het. Met die koms van koordlose data-verbindings, het restaurante hierdie funksie begin aanbied, om mense te lok na hulle eetplekke. So het die sosiale aspek van uiteet, ernstig begin kwyn, want so tussen die kou deur, is daar die deurlopende fokus op die slimfoon.
Die sosiale gewete het egter ingeskop, en foonverslaafdes het hulle tydens ‘n besoek, gereeld begin wend tot die restaurant se ablusiegeriewe. Daar het hulle nie geabluseer nie, maar ‘n geriefie gebruik as afsonderingsfasiliteit om hulle sosiale media verslawing te dien. Hierdie wangebruik van die troonsaal, het egter begin om verkeersknope by die geriewe te veroorsaak. Die wat daar was vir die regte redes, ervaar erge ongemak, omdat genoemde geriewe beset is vir die verkeerde redes...
‘n Restaurant in Melville het op keratiewe wyse, hierdie fenomeen begin hokslaan. Op twee plekke in hul restaurant, sowel as by die ingang is ‘n bord wat lees “We do not offer WiFi, because you are here to talk to each other” (My opregte appologie dat die rooitaal hier gebruik is). Tog is daar hulle wat onafhanklike data-verbindings gebruik, en steeds maar hul onsigbare vriende bly saamnooi...
‘n Kennis wat nou onlangs in Europa was, vertel van meer as een restaurant war naas die ablusie, ook ‘n vertrek het met sagte banke. Op die deur na die vertrek is ‘n prentjie van ‘n... Reg geraai, ‘n slimfoon. In fynskrif word aangedui dat hierdie vertrek vir die gebruik is van mense wat andersins die ablusie se verkeer sou belemmer, as hulle digitale kommunikasienood te hoog raak.
|
|
Of dit wys is of nie, is ‘n ander saak. Dit is egter ‘n eerlike gebaar. Digitaal-verslaafdes kry die geleentheid om weg van die tafel af, te gaan sosialiseer met die onsigbares. Die doel van die restaurantbesoek, word dus maar steeds verydel, alhoewel dit darem die ablusiegeriewe se druk verlig...
Daar is waarskynlik nie ‘n medium na langtermyn oplossing vir bogenoemde fenomeen nie. Tog glo ek, as Tannie Emsie vandag haar boeke sou herskryf, sou sy nogal baie riglyne oor digitale gedrag in die openbaar kon aanbied.
Intussen ly broodnodige kontak met geliefdes wat fisiek naby is en moet wees, skade.
Die stowwerige het geenins ‘n oplossing vir hierdie saak nie. Hy weet net, dat dit ‘n dilemma wat een of ander tyd, sy tol sal eis. Hopelik is daar ‘n wysgeer van formaat wat voor daardie fatale dag, ‘n werkende oplossing sou kon ontwikkel en suksesvol implimenteer.
.
|