|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
Eduart se matrieksertifikaat
met 'n gevolglike geselsie agter die skietbaan...
|
|
| | |
|
Eduart is ontstoke. Sy pa het ‘n verder ook ‘n behoefte ontwikkel om die skoolhoof met plastiese sjirurgie te seën...
Eduart het op skool Afrikaans eerste taal op hoërgraad geneem. Engels was sy tweede taal, op standaargraad. Dit is die geskrewe keuse wat hy en sy ouers aan die begin van St 8 gemaak het.
Hy sê hy het mos die Afrikaans vraestelle besonder maklik gevind en daarom vir ‘n onderskeiding gehoop. Die engels, was egter moeiliker as wat hy verwag het, alhoewel hy geslaag het.
Nou, die rede waarom sy pa ‘n broederlike gesprek met die skoolhoof agter die skietbaan aangevra het: Op sy matrieksertifikaat word sy ander vakke korrek aangedui. Maar dit toon dat hy engels eerste taal geslaag het. En Afrikaans hoërgraad wat hy vir drie jaar lank gedoen het, word aangedui as Afrikaans huistaal. By navrae verduidelik die een adminstratiewe klerk vir hom dat hulle besluit het om die leerlinge eerder genoemde twee vakke te laat skryf in plaas van dit wat hulle skriftelik gekies aan die begin van hulle St 8 jaar. Die rede: Dit sou kwansuis hulle moontlikhede om werk verbeter as die matrieksertifikaat engels as eerste taal wys. En dit laat hulle blykbaar minder na rassiste lyk as Afrikaans bloot as huistaal aangedui word op hulle matrieksertifikaat. Geen gewilligheid tot rassionele redevoering is te vinde nie. Die klerk verwag dat hy dankbaar moet wees oor die “guns”. Om dit reg te stel? Nee, seg hulle mos dit is nie moontlik nie, dit is die vakke wat hy geskryf het. Het hulle hom in kennis gestel? Nee, want ons het ‘n goeie rede gehad. As ons so kort voor die eksamen aan die leerlinge sou sê dat hulle ander vakke sou skryf, mag dit dalk tot studiestres en swak prestasie lei... Eish!
|
|
En Eduart, sit met ‘n matrieksertifikaat wat nie sy vakkeuses wat hy en sy ouers in St 8, self gemaak het weerspieël nie. Die moruti het dit dus maar laat verbygaan toe hy ‘n paar keer in ‘n broederlike gesprek na die klerk en die skoolbestuur verwys in genitale terme. Met begrip, my broer...
Terug by Eduart se pa en die skoolhoof. Die skoolhoof het nog nie ‘n afspraak agter die skietbaan bevestig nie. Blykbaar te besig om die afsprake te finaliseer met van die ander pa’s wat hom agter die pawiljoen, agter die fietsloots en agter die snoepie wil konsulteer...
.
|