Op die Andeon Landbouhowes, is daar 'n man wat sy getuienis met trots uitdra in sy besigheid. Neels Smit, die eienaar van Effata Precision, is 'n aangename man met vakmanvaardighede wat draaiwerk en masjinering van metaal, so maklik laat lyk. 'n Man met 'n leeftyd se ervaring in sy vak.
Per geleentheid het ons spesifieke bussies nodig gehad vir die sleepstange van ons groter sleepvoertuie op 'n Koninkryksprojek. Baie instansies het baie te sê gehad oor ons behoefte en menige het nie regtig verstaan wat ons benodig nie. Per geleentheid kruis ons paaie met Neels. Neels het die konsep so gekyk, dadelik verstaan wat ons benodig, en dit gemaak. Die prys wat hy gekwoteer het, was besonder billik. Twee dae later gaan haal Stof die stukkies toerusting. Dit was presies wat nodig was. Dit het perfek gepas en net so goed gewerk. Met die betaalslag, verras hy ons selfs verder. Hy sê hy het opgemerk dat dit vir Koninkryksvoertuie is en dat hy ons graag met daardie stukkies toerusting wil seën. Ek het na die tyd, baie mense na hom verwys. Ek hoop regtig dat hy gunstige transaksies daardeur gekry het.
Vandag wil ek graag elkeen wat lees, aanmoedig om van Neels se diens gebruik te maak. Om sy presisie as vakman en die kwaliteit werk wat hy doen, deel van jou en jou masjienerie en voertuie se lewe te maak.
Gesels gerus met Neels by 0123720651, en bederf jouself vandag met presisie diens waarmee jy beslis baie tevrede sal wees.