stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Capitec Bank
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Soms word ons as mense geseën met 'n tyd waarin ons Vader ons bietjie nederigheid wil leer. 'n Tyd waarin Hy ons Sy preoriteite wil leer. In daardie proses, word ons dikwels ook deur dale gelei waar ons 'n rukkie vertoef, waar ons tyd vind om die foute wat in ons diepste wortels was, te kan regstel. In daardie tye ontbeer ons materie, finansies en soms ook 'n geldige identiteit, soos deur n staatkundige owerheid gedefinieër. Dit is tye waarin die meeste menslike instellings, neus in die lug en gemuilband deur boksiedenke-vooroordele, die persoon wat in die Universiteit van die lewe is, met minagting die deur wys.

Dit is met dank dat ek vandag 'n reuse pluim vir Capitec Bank kan gee. In daardie tyd dat ander ewe neus in die lug, 'n gelykgeskape medemens met minagting verwerp het, kom Desiree en haar Capitec span en bied hom 'n diens aan wat geen ander bank kon aanbied nie. Buiten dat die fasiliteite wat die rekeningpakket bevat nommerpas is vir hom, is die klantediens ook voortreflik, elke keer. Elke klant, ongeag hoe klein of hoe groot sy omset in hulle boeke, word as waardige medemens hanteer. Hierdie artikel is 'n saluut aan Capitec Bank en sy personeel, wat die menslike en die omgee, teruggesit het in bankdienste.

As jy dus 'n behoefte het om die waardering wat jou as skepsel van 'n almagtige Vader toekom, ook in bankdienste te ervaar, doen besigheid met Capitec Bank, en jy sal regtig aangenaam verras word.

© Stof 2010/09/11

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.