Frankies Olde Softdrink Company vervaardig verskeie tradisionele koeldranke. Self het ek die voorreg gehad om hul gemmerbier te beproef. Dit was inderdaad 'n aangename ervaring. Hulle verpakking is netjies en stewig. Ook besonder morsvry, wat nogal belangrik is op 'n voertuig soos 'n motorfiets wat heelwat vibrasies het. Maar die belangrikste is dat dit smaak en voel soos tradisionele gemmerbier as dit gedrink word. Die afgelope paar dekades was daar geen soortgelyke produk kommersieël op die mark nie.
Hulle het moeite gedoen om verkoopspunte wat redelik wyd versprei is, daar te stel.
Wel gedaan, Frankies!
Hierdie outjie, gaan julle nog baie ondersteun