Om in geloof te lewe met die wete dat Vader sal voorsien. Dit is Thys en Magdel se leuse. Hulle doen dit nie sodat hulle lekker agteroor kan sit terwyl ander vir hulle swoeg nie. Hulle doen dit omdat hulle so besig is met Koninkryksake, dat daar geen tyd oor is vir enige sekulêre werk nie. Hulle ondersteun 'n groot groep herders wat andersins geen herder vir die herder sou had nie. Hulle saai ten tye van hulle eie tekorte, net om kort na die saai, te sien hoe Vader weereens vir hulle voorsien.
Gehoorsaamheid aan 'n Roeping, het hulle genoop om 'n reuse verskil in ander se lewens te maak. Mag Thys en Magdel se voorbeeld van wat naasteliefde uit die Woord is, elke leser inspireer om hulle ideaal na te strewe.