Digitale verknorsing. 'n Rekenaar wat Cosatu streke uithaal en die digitale deel van Stof se werk onmoontlike maak. Stof smeek sy vader vir wysheid, planne, voorsiening en enige soort oplossing wat Hom sou behaag. 'n Italiaanse vriend wat 'n musikale en vakmankennis is, kruis sy pad. Hy vertel vir Stof dat hy 'n skootrekenaar as deel van 'n promosie gekry het en dit graag wil saai. Sy besluit het op Stof geval, want hy het duidelik die boodskap gekry. Dis 'n klein masjientjie, maar doen net daardie fraksie meer as die minimum en maak dus funksionalitet weer moontlik.
Italianer, jy was die gestuurde om hierdie probleem op te los. Mag jy oorvloedige seën ontvang op jou gehoorsaamheid. Mag daar net so akkuraat, ook in jou behoeftes voorsien word. Mag elkeen wat hier lees, ook leer om sensitief te wees vir Sy stem en bereid te wees om ja te sê as Hy spreek.
En Stof loof sy Vader vir hierdie voorsiening. Laat hierdie getuienis elkeen wat nog twyfel oor Sy voorsienigheid, tot nuwe insigte lei. Alle eer aan God drie-enig!