stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Tegniese ingryping
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Dis laatnag. Daar is werk wat gedoen moet word op die internet. Die bandwydte op een lyn raak op, maar Stof weet daar is nog 'n krediet op 'n ander lyn. So skakel hy maar oor na die ander lyn. Dit is net daar waar die tegnologie begin vloermoer. Met elke inlogslag, is daar 'n ander foutboodskap. Soveel foutkodes wat elke keer verskil. Die eerste menslike refleks sou wees om die diensverskaffer te skakel en 'n bohaai te maak. Maar Pa seën net daar vir Stof met bomenslike kalmte en insig. Stof gesels net daar waar hy in sy kantoor sit, met Pa en deel die frustrasie met Hom.

Oomblikke later kry Stof die wete, Pa het self daadie bediener aangespreek. Hy koppel die modem, doen die nodige, en daar loop die verbinding soos 'n droom. 'n 115kbs verbinding voel amper soos 'n 3g verbinding.

As daar iets in jou lewe toegelaat word wat vir jou so tegnies lyk dat jy nie gemaklik is om dit voor Pa neer te sit nie, dink weer. Hy, die skepper van silikon, kan sekerlik enige silikonvlokkie in enige menslike tegnologie opdrag gee om voor Sy Woord te buig.

Mag hierdie getuienis jou motiveer om nooit Pa se outoriteit te onderskat nie. Om nooit te dink dat sekere sake gebedsake kan word, en ander nie. Niks is te klein of te groot om voor Hom in geloof neer te sit nie. Doen dit in die wete dat, die oomblik Hyself 'n woord daaroor spreek sal die heelal gehoor gee.

Dankie Vader, dat U my daagliks leer om in elke fasset van my lewe, volkome op U te vertrou.

© Stof 2009/08/01

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.