stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Denimbroeke
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Denimbroeke is die basis van Stof se uitrustings. Daar is iets aan die styl daarvan wat sy koddige figuurtjie perfek pas. En dit wil voorkom dat sy Vader hom graag seën met hierdie soort klerasie net wanneer sy huidige klere, begin verflenterd raak.

Daar is verskeie manier waar denimbroeke die kern van wonderwerke in sy lewe was. Per geleentheid het hy 'n tegnies installasie vir iemand gedoen wat nie kapitaal gehad het om 'n ander persoon te huur nie. Ten spyte daarvan dat hy geen teenpresasie verwag het nie, ontvang hy twee dae later 'n denimbroek, in die regte grootte en reeds in lengte aangepas, as dankiesê geskenk. Net mooi toe sy beter een gate begin inval het.

So gebeur dit ook mos dat hy saam met kollegas na 'n vergadering oor hospitaalbediening gaan. Na die vergadering, stap kollega mos in by 'n winkel en nooi Stof saam in. Hy sê dat Stof twee denimbroeke moet kies want Vader het dit op sy hart gelê om hom daamee te seën. Na hierdie seëning, besoek hulle ook 'n ander plek. Daar word Stof versoek om twee hemde wat by die denimbroeke sou pas, te kies. En net daar, is die perfekte snit en materiaal beskikbaar wat nogal warm, maar nie versmorend is nie. Net reg vir die kouer seisoen wat oppad is. Ons is daar uit met die twee hemde. Daardie geseënde hemde het reeds by heelwat bedieningsgeleenthede, saam met Stof die kansel, die verhoog of die eter betree.

In 2010 word Stof gevra om 'n funksie te lei vir vriende. Weereens, is die vriende ook op 'n smalriem-begroting. Twee dae voor die funksie, nooi die een persoon wat betrokke is, Stof saam toe hy sy klere gaan kop vir die funksie. Hy het toe mos te vertelle dat hy 'n kredietsaldo op daardie winkel se rekening het en dat hy graag die rekening wil toemaak. Maar dan moet hy sy kredietsaldo opgebruik, anders verloor hy dit. Sal Stof se gaaf wees om hom daarmee te help? In die proses is Stof dus geseën met twee denimbroeke, 'n egte leer gordel, twee hemde en 'n paar pragtige formele leerskoene.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Denimbroeke: Die ding waarteen ons in ons jongdae gewaarsku is as die manifestasie van alles wat rebels sou wees. Iets waarmee Dominee se kinders tog nie gesien moes word nie. En as 'n pa skielik tot ouderling verkies word, moet hy en sy kroos onmiddelik van hierdie onheil in hulle huise ontslae raak. Maar ons Vader het juis toegelaat dat 'n onbekende wat waarskynlik al oorlede is, met hierdie gemaklike ontwerp na vore gekom het. Een ontwerp wat min verander het sedert die eerste een die lig gesien het. Iets wat so goed werk, dat dit nie verbeter kan word nie. Meer nog, 'n perfekte pas vir 'n koddige skepseltjie wat nie maklik in iets anders inpas nie. Maar bo alles, 'n fisiese manifestasie van Stof se Skepper waarmee Hy Sy guns so gereeld aan hom bewys. En daarvoor, kom al die lof en eer net aan Hom toe!

© Stof 2011/02/24
.