Tydens 'n tydperk van besondere droogte rondom Stof sowel as diegene wat hy moes bedien, se lewens, het hy gesmeek vir 'n oplossing. Tydens 'n byeenkoms wat die voorafgaande Saterdag plaasgevind het, het 'n persoon die aanbod gemaak dat hy en twee kollegas die Maandag, soveel kaste vol kitskos soos wat hulle kon laai, by 'n bepaalde adres kon gaan afhaal.
Op daardie Maandag, daag ons toe mos op by die genoemde adres. Daar was 'n hele vertrek, amper dakhoogte gestapel van langlewe kitskos. Die engel wat dit gefasiliteer het, se versoek was eenvoudig. Laat ek jul help, dan laai ons soveel soos julle kan inpas. Ons het twee luikrug voertuie vol gelaai.
Hierdie getuienis wys spesifiek daarop dat Pa omgee vir Sy skepsels. Dat Hy hulle ook na liggaam wil voed. Hier sien jy ook hoedat Hy net gewag het vir 'n opreg bedoelde gebed en 'n blyke van geloof dat Hy sal voorsien. En so, binne drie dae na die knielsessie, het Hy die sluise van die hemel oopgemaak met hierdie skenking.
Stof gee aan sy hemelse Vader, al die lof en eer vir hierdie wonderwerkende voorsieningsdaad. Stof bedank ook die fasiliteerder, wie nie geïdentifiseer wil wees nie, vir sy gehoorsaamheid en bereidwilligheid in hierdie verband. Aan die fasiliteerder, ons wens is dat jy in oorvloed geseën word vir jou oop oor en bereidheid.