stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Gesondheid
Buitengewone seën van Vader
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Elke dag stel eise aan die liggaam wat aan elkeen van ons geleen is vir die tydjie wat ons gegun word op aarde. Soveel mense se ligame gee hulle soveel pyn en hartseer. Hulle word beperk deur disfunksies en gebreke wat basiese daaglikse funksionering moeilik maak.

Dit is dan wat Stof kom en in dankbaarheid kan getuig dat hy geseën is met 'n liggaam wat gesond genoeg is om elke dag te kan doen wat Pa van hom vereis.

Stof tel graag sy seëninge. Hy kan vandag hier getuig dat sy Skepper elke dag so getrou voorsien in liggaamlike gesondheid. En daarvoor, kan Stof Hom net loof!

© Stof 2011/06/04

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.