stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Wouter en Trynie
Gestuur om 'n verskil te maak
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Wouter en Trynie is vriende wat van tyd tot tyd Stof se pad kruis. Wouter is 'n musikant wie se veelsydigheid getuig van baie talent-seëninge. Trynie, sy vrou is die een wat hom altyd ondersteun deur dik en dun. Saam kan hulle op 'n myl kan uitruik wanneer Stof se energie laag is. Stof is so dankbaar vir elke keer wat hierdie gesin op die mees onwaarskynlike sommer tye net skakel of 'n teksie stuur. Mense wat waarlik weet wanneer om gehoorsaam te wees aan hulle roeping as engele.

Dit is so maklik om daardie omgee oomblikke van 'n omgee medemens mis te kyk. Maak dus seker dat as jy weer 'n teksie of 'n oproep van iemand kry van wie jy dit die minste verwag het, jy dankie sê vir nog 'n engel wat oor jou pad gestuur is. En belangrik, moenie skroom om daarna te getuig oor die wonderwerk, wat dalkies net daardeur in jou lewe gebeur het nie.

© Stof 2010/06/10

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.