stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Bandwydte
Pa voorsien ook in die digitale...
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Bandwydte: 'n noodsaaklike lastigheid. 'n Entiteit wat die neiging het om op te raak net wanneer dit die nodigste is. Maar tog so nodig om Koninkrykswerk mee te doen. 'n Wyle gelede laat Stof se standaard datalyn my mos in die steek. Dis laataand, en selfs al sou daar 'n afsetpunt oop wees, ontbreek die fiskale in hul volle glorie. Stof vra: Wat nou Vader?

Minute later skeeu sy rugsteunfoon wat hy vir 'n bepaalde taak gebruik. Die netwerkopperateur het sopas 'n bedrag krediet oorgedra uit dankbaarhied vir sy ondersteuning. Genoeg om om te skakel na 'n databondel wat 'n paar dae sal hou. Stof ruil net daar die kaarte van die model en die betrokke foon om, en kon sonder sukkel, dadelik weer aangaan met sy werk!

Al die lof en eer aan Vader vir Sy groot voorsiening, net toe dit die nodigste was!

© Stof 2012/09/12

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.