stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Klankversterkers
Net toe dit die nodigste was.
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Enkele jare gelede het Stof 'n klompie klankversterkers nodig gehad om sy studio in te rig. Die fiskale daarvoor het egter ontbreek.

Twee vriende wou kort daarna 'n soortgelyke stelsel opstel. Hulle het sy advies gevra en hy is saam na die verskaffer om te sien wat is beskikbaar daar. Daar het hulle toe gekoop wat aanbeveel is. Stof merk dat hulle meer apparaat koop as wat nodig is, maar laat dit daar. Dalk wil hul twee aparte stelsels op twee plekke installeer.

Die wonderwerk volg kort daarna. Kort nadat hulle tuis gekom het, gee hulle die twee ekstra pakkies vir Stof, net om "dankie te sê vir sy inset".

So het Vader weereens voorsien in 'n noodsaaklike behoftes wat op daardie stadium baie nodig was. Aan Hom al die eer hiervoor!

© Stof 2010/04/17

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.