stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Kinders se liefde
Kosbaarder as enige aardse geskenk...
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Seg die geleerdes mos, 'n kind is maklik beïnvloedbaar. Seg hulle ook mos, as jy 'n kind genoeg breinspeol, sal hy/sy haat wie jy haat, en liefwees vir wie jy lief is. Seg die slimmes. Maar wat sê Pa?

Na baie jare van invloede wat twee kinders probeer beïnvloed het om 'n slegte beeld van hulle pa te hê, is dit juis die kinders wat uit hulself, die liefste is vir hulle pa. Die wat selfs in die moeilikheid sal kom bloot net deur hom in sy afwesigheid te verdedig.

'n Opregte gebed deur 'n ouer dra krag. Die lojaliteit van twee kinders wat op grond van menslike data wat vir hulle gevoer is, hulle pa sou moes haat, is net so omgedraai en is vandag 'n intense liefde en omgee.

Mag hierdie getuienis jou vandag verseker dat geen menslike invloede, enige medemens teen jou sal kan draai as jy lewe oor die situasie gespreek het nie. Mag hierdie getuienis jou die vrymoedigheid gee om die vir wie jy omgee, onvoorwaardelik en daagliks voor Vader se voete neer te sit in gebed. Dan sien jy Sy getrouheid. Sy 180 grade omdraai van 'n situasie, wat ander so graag anders sou wou sien.

Alle eer aan God drie-enig vir Sy voorsiening en wonderwerkende invloede, ook in hierdie geval!

© Stof 2009/11/29

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.