|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
Rapport en Sondag se Węreldmoord.
|
|
| | |
|
In Maart 2005 piep 'n foon in Stof se sak. Dit is goeie nuus. Dit kondig die geboorte aan van 'n goeienuus publikasie. Stof word genooi vir 'n slukkie kaffienbesoedelde kookwater, en hy neem die aanbod met grasie aan. Bestemming: die kantore van Die Węreld.
| |
Op 10 April 2005 verskyn die eerste uitgawe op die rak. Lesers wat op chroniese medikasie vir aambeikrampe was, kan maar hul medikasie los. Die media het 'n rytuig gekry wat goeie nuus dra. Die setpille wat as gevolg van die slegtenuusmedia daagliks deel geword het van menige leser se roetine, is nie meer nodig nie.
Maryna Blomerus het die leisels geneem. Sy het 'n inisiatief wat lankal al die lig moes sien, bestuur. Saam met staatmakers soos Franci du Toit en De wet Potgieter, het Die Węreld die media se negatiewe tone pers getrap.
Die galbraakmedia was nie beďndruk daarmee dat ware objektiwiteit vir die eerste keer in dekades, weer in druk beskikbaar is nie. Alle kleurskakerings van jaloers, het oraloor kop uitgesteek. Die kompetisie se rapporte het 'n afname in verkope getoon. Daarvan het hul mos niks gehou nie.
Die geboorte van Die Węreld, het juis vir die slegtenuusmedia die geleentheid gegee om op kompeterende wyse en met ware objektiwiteit werk hul beriggewing aan te pas. Op hierdie wyse sou hulle eerbare kompetisie kon skep vir Die Węreld. As negatiwiteit egter eers vasgeroes is in 'n ou masjien, is daar baie olie nodig om dit uit te dryf. Daar moet baie werk ingesit word om die wegvreetskade van negatiewe roes, te herstel. Dit was te veel werk. Derhalwe moes die nuutgebore goeie nuus maar op negatiewe manier verwurg word...
|
|
Deur op subtiele, maar blatante manier die goeienuusmedia te verwurg, sou die deur oopmaak na die daarstel van 'n publikasie uit eie stal. 'n Publikasie wat genoeg van Die Węreld se positiewe fokus sou kon feins om die lesers te trek. Tog, genoeg sensasie tussenin sou smokkel sodat die lesers weer van voor af vergiftig kon word...
'n Proses van subtiele ondermyning, is in plek gestel. Die konkelaars en hul trawante het geen steen onaangeraak gelaat nie. Hulle sou ten alles koste elke vlak van ondergrondse metode benut om dit te laat lyk asof Die Węreld na uitgawe dertien, weens eie finansiële redes van die rak af verdwyn het.
Tot groot hartseer van die nugter leser, het die proses geslaag en was daar nooit 'n uitgawe veertien van Die Węreld nie.
Kort na die episode, was Sondag op die rak. Geroem dat hul 'n unieke konsep had. Dat hul die visie had om die gaping in die mark (?) te vul. Maar dit het hul redakteur ontgaan om in die eerste redakteursbrief te meld wat die ware modus operandi was.
Een van Die Węreld se personeelede het kort na die episode, die opmerking gemaak dat die geskiedenis homself sal herhaal. Dat dié wat die gaatjie van onder af in Die Węreld se boot geboor het, eendag dieselfde paadjie gaan loop...
En sopas, het die geskiedenis homself inderdaad herhaal.
Aan die onskuldige personeellede van Sondag wat onbewus van die debakel, gedink het hul werk vir 'n edel groep, my simpatie met die verlies van jul werk. Mag Vader julle spoedig seën met iets baie groter en meer edel.
Aan die brombeertjies wat allerlei doodsdreigemente en aggressiewe briefies gestuur het. Stof gaan nie op julle reaksies kommentaar lewer nie. Die rede daarvoor is dat ‘n agressiewe uitlating gewoonlik gepaardgaan met ‘n agressiewe gees. Psigiatiese verwyssingsbronne sal ook duidelik aantoon dat agressie die moontlikheid van rasionaliteit onmoontlik maak en bloot net tot ‘n bose kringloop lei. 'n Onmiddelike agressiewe reaksie op 'n feitelike stelling, dui ook gewoonlik op 'n gewete wat ingeskop het: Die oerinstink om op kru wyse, luidrigtig te probeer diskrediteer en ontken, as jy uitgevang is... Om nou dus op ‘n rassionele en vanuit ‘n broederlike beginsel met julle te kommunikeer, gaan dus saad wees wat op die pad val. Neem gerus julle tyd, vat ‘n paar dae om te kalmeer, en jou boetie weer van voor af lief te leer kry soos wat dit Vader behaag. Sodra julle weer tot rasionaliteit en oordeelvrye broederliefde instaat is, is jy welkom om dan, jou volwasse inset met respek teenoor jou gelykgeskape medeskepsel te lewer.
|
Al is dit vandag ietwat meer as agt jaar later, steeds my simpatie aan Maryna, De Wet en Franci vir dit wat destyds van julle ontneem is. Julle word tot vandag toe nog, daarvoor geeër. Stof vertrou dat dit wel gaan met elkeen van julle en dat julle veelvuldig deur Vader self vergoed is, vir dit wat die hebsug van die mens en sy instellings julle in 2005 aangedoen het.
|
|
.
|