stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Ope brief aan tegnologiese boelies
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Stof raas vannag: Daar is steeds korrespondente wat inligting aan Stof en sy medewerkers stuur in formate wetende dat die formate nie bruikbaar of toeganklik is vir die gemiddelde gebruiker nie. Min gebruikers het toegang tot die luuksheid van die jongste programatuur. As die wat wel bevoorreg genoeg is om daartoe toegang te hê, dan die luukse verstekformaat gebruik in die wrede aanname dat hulle korrespondente noodwendig dieselfde luukses het, toon dit dat hulle hul korrespondente nie belangrik genoeg ag om om te gee of die formate bruikbaar is aldan nie.

Tot nou toe het Stof nog probeer om die ontvangde dokumente elders omgeskakel te kry na ‘n bruikbare formaat. Maar dit is net te veeleisend. Op meer as een gebied... Daarom sal enige inligting wat in die toekoms ontvang word wat geskep is met dié luukse uitgawes van Bill die hekman se sagteware, nie gebruik word nie. Nie omdat Stof nie omgee vir die sender nie, maar omdat die sender nie genoeg vir luis omgee om regtig die inligting te wil deel nie.

Stof stel vannag sy gemorsposfilters só dat enige inkomende epos wat ‘n aangehegde legger met ‘n x bygevoeg agter die legger se agtervoegsel, outomaties sal sneuwel.

Sê dus eerder reguit vir Stof as jy hom of sy medewerkers nie genoeg vertrou of genoeg vir hulle omgee om inligting met hulle te wíl deel nie. Maar om met verskuilde boodskappe deur korrupte leggerformate dié boodskap met heuning te probeer smeer, is nie mooi teenoor dié wat jy soms in woorde, ‘n maatjie noem nie.

© Stof 2013/03/14

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.