|
|

stof tot stof, stof tot nadenke: 'n stowwerige gegriffel
|
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!
|
Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!
|
| | | |
|
'n Stortreën van wonderwerke
|
|
| | |
|
Dit is Dinsdagoggend. 'n Dag waaroor Pa se seën afgesmeek is. 'n Dag wat volg op 'n nag van baie gebede en smekinge voor Pa. Vandag word 'n tegniese insatallasie voltooi. Die gemiddelde sekulere denker sou egter geen seën verwag op 'n vakmantaak nie. Dit sou bloot afgemaak word as iets wat 'n gekwalifiseerde vakman, mos sal kan doen weens menslike kwalifikasies en ondervinding. Pa het egter ander planne vir vandag. En die vakman, weet dit nog nie...
Die persoon by wie se woonplek die werk verrig word, laai hom en 'n kollega op en neem hulle na haar perseel. Die rit spreek van buitengewone seën. Die verkeer deur 'n tonnel waar gewoonlik verkeersvertragings is, vloei buitengewoon gunstig. Die verkeersligte waar van die hoofroete afgedraai word, is gunstig en sonder die verwagte spitsverkeer-oponthoude wat hierdie kruising kenmerk, glip ons met gemak en veiligheid om dié berugte draai.
Daar is enkele veranderings aan die installasie wat aangebring moet word om die nuwe kombuisplan te akkomodeer. Wonderwerkend, is die kabels wat uitgehaal en verplaas moes word, steeds lank genoeg, inteendeel, een is soveel langer dat daar genoeg reserwe is om die uitlaatstuk wat die stoof bedien, ook te kan insluit. 'n Uitgawe wat dus nie meer nodig is nie. 'n Besparing wat baie welkom is op die werfbewoner se sak.
Per geleentheid word daar nog 'n pakkie ritsklampies benodig. Werfbewoner se nasaat is mobiel en ons laat weet haar om dit te koop en saam te bring. Die grootte wat die vakman spesifiseer, is egter nie beskikbaar nie, en sy bring 'n kleiner en dunner model. Die vakman las hulle twee twee aan mekaar vir die plekke waar een nou nie meer bykom nie. Op bepaalde plekke word twee nou parallel gebruik om die gewensde effek te kry. En net daar, manifesteer nog 'n wonder. Van die monteringspunte se skroefdraad is baie kort. Die kabels wat daardeur ondersteun moet word, sou nie met die groter model klampie, gepas het nie. Die kleiner model wat gekoop is, is nommerpas op hierdie kritiese monteringspunte. Dit maak dat die skooefdraad se oorblywense lengte en die breedte van die klampies, presies op mekaar pas. So het Pa geweet, daar sou kritiese netheids en veiligheidsfoute op die installasie gewees het, as die gespesifiseerde klampies wel aangekoop was. Hy het geweet wat nodig is, en in Sy wysheid, voorsien dat die handelaar slegs een grootte oorhad op die rak. So het Hy in Sy alwetendheid verseker, dat die installasie se kritiese punte, baie veiliger en netjieser was by voltooiïng.
|
|
'n Wyle later is daar 'n nuwe uitdaging. Vanweë die aard van die plafon wat later gemonteer gaan word, gaan die beplande metode van montering van die dakligte nie meer werk nie. Vakman vra Vader se seën en wysheid. Pa wys hom 'n prentjie van 'n ketting-gebasseerde metode wat hy 'n wyle gelede in 'n teater gebruik het. Vakman en Werfbewoner ry 'n draai na 'n winkel in die omgewing. Daar is ketting, maar nie wat Vakman in gedagte had nie. Maar synde nog nie té grof nie, koop hulle dit wel en vra die handelaar om dit in agt stukke te sny. Dit is bereken op vier monteringspunte per armatuur. Die verwagting is egter dat 'n deel van die ketting in die armatuur sal verskuil moet word, omdat dit dalk te lank kan wees. Terug by die werf, blyk die lengte sowel as die grofheidsgraad daarvan, perfek te wees. Die monteringskoewe pas deur die ketting asof dit gemaak is vir mekaar. Die punte waar die armatuur gemonteer word, is effe wyer en dus is die ekstra lengte nommerpas om te kompenseer. Daar is dus geen oorskietstukke wat die balans van die armatuur versteur nie. Vakman raak 'n oomblik stil en sien dan die voorsiening van Pa hierin raak. Deur toe te sien dat die handelaar slegs een grootte ketting in voorraad het, het Hy voorsien dat die perfekte hang vermag kon word. Deur te voorsien dat een deel van die dakstruktuur se staal te hard was om te boor, het Hy voorsien dat die alternatiewe punt een duim nader, die een armatuur se perfekte balans verseker het, te middel van 'n dak wat toe nie waterpas was nie...
Pa het geweet, Hy wil hierdie installasie perfek hê. Hy het geweet, hierdie installasie is vir 'n Koningskind, een van Sy prinsesse. Daarom het Hy voorsien dat die onwaarskynlike, maar beskikbare materiale soveel beter opsies gebied het.
Teen etenstyd brul vakman se magie. Sy eie yskas en rakke is leeg, dus kon hy nie iets saambring nie. Sy fiskale laat ook nie toe dat hy 'n kitskosmagnaat kan verryk nie. Werfbewonerpak 'n koelhouer uit. Genoeg eetgoed en drinkgoed om al haar, Vakman en Kollega te voed. So het Pa voorsien dat te midde van 'n lewenslessie in nederigheid in Vakman se lewe, hy 'n goeie maaltyd kon geniet. Werfbewonder is deur Pa gelei om, te midde van haar eie stywe begroting, steeds in al drie se knibbeltjies te kon voorsien. Alle eer aan Pa vir hierdie verdere wonder, waarsonder die liggaamlike kragte om die werk te voltooi, nie moontlik sou wees nie.
Teen opbreektyd, bied Werfbewoner vir Vakman 'n ekstra bedrag aan. Vakman aanvaar dit met dank. Die bedrag, is presies genoeg om die laaste tekorte te dek op 'n grafsteen wat voltooi moes word. 'n Grafsteen wat na voltooiïng, 'n stuk klarigheid vir Vakman sal bring.
'n Familielid van Werfbewonder bied daarna aan om 'n hidroliese probleempie op Vakman se voertuig te herstel. Maak selfs 'n vaste afspraak daarvoor. Hierdie gebaar, bied weer aan Vakman die geleentheid om na byna twee maande van imobiliteit, weer te kan begin funksioneer. 'n Wonderwerkende voorsiening direk uit Pa se hand, om een van vakman se grootste struikelblokke, uit sy weg te neem.
Hierdie vakman is dankbaar vanaand. In een dag, het sy Hemelse Vader letterlik strome van wonders en voorsiening oor hom uitgestort. Maar daar, het Hy dit nie gelaat nie. Hy het vanaand 'n bonatuurlike kalmte geskenk, 'n wete dat Hy sal voorsien in dié dinge wat steeds vir Vakman, tot menslike kommer is.
Arthur Channon het gesing: "Ek is swak, maar U het krag..." en wat daarop volg. Hierdie lied, het vannaand nuwe betekenis vir Vakman gekry.
Vanaand is die aangewese ding, om al die eer aan Pa te bring. Om Hom te loof dat Hy na Sy skepsels omsien wanneer hulle Hom die nodigste het. Aan Hom, al die eer vir hierdie dag, wat so vol wonders was.
Mag hierdie getuienis, ook vir jou hoop gee. Mag dit ook vir jou leer dat Pa wil voorsien. Wees net oop om te ontvang, en Hy maak Sy sluise oop.
.
|