stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

'n Broederlike vermaning aan broers Mohale en Mokela
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Broers Mohale en Mokela
Pretoria Wes polisie

‘n Broederlike vermaning

Een van my gemeentelede het nou onlangs die verlies van haar gade beleef. Die omstandigdhede daarrondom was pynlik en moeilik om te hanteer. Dit is met dank dat ek kan getuig, van die ander rolspelers het hulle op besondere omgee-wyse gekwyt van hulle taak. Daardie omgee mense, het die bitter seer en twyfel van hierdie tyd, makliker draaglik gemaak, vir sovêr dit menslik moontlik was. Daar was selfs ondersteuning van die mees onverwagte oorde.

Dis egter met hartseer dat ek moet getuig dat my boeties Mohale en Mokela, nie deel van die oplossing was nie, maar deel van die probleem. Hulle wat tot ‘n baie groot mate bygedra het tot die doelbewuste invryf en vermeerdering van die pyn. Hulle wat weinig respek toon vir die hartseer en lyding van ‘n weduwee. Deur, onder die verskoning van ‘n ondersoek, die afhandeling en geestelike klarigheid wat so nodig is in so ‘n situasie, gewetenloos uit te stel, het hulle die harte van die geliefdes wat agtergebly het vertrap, geminag. Hierdie optrede toon dat die beginsel van naasteliefde, soos wat dit in Markus 12:30 en 31 as die opsomming van die Wet, beskryf word deur hierdie twee broers van my vertrap word. Dat hulle geen respek vir hulle medemens sowel as die die genesing van hulle medemens het nie.

Die beginsel van menslike owerhede berus op die beginsel van gedelegeerde gesag. Gesag wat slegs van tyd tot tyd, aan ‘n individu gedelegeer word om ‘n bepaalde taak te verrig. Hierdie gedelegeerde, tydelike gesag is slegs in plek vir solank Pa dit nodig ag. Dit is nie iets wat permanent aan enige mens of instansie gekoppel kan word nie.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Dit is nie iets wat ‘n individu op kan roem nie. Dit is bloot, overgesetsynde, ‘n tydelike outoriteit vir ‘n bepaalde situasie, wat gedelegeer is vir ‘n kort tydjie, om so ‘n gelykgeskape medemens te kan dien. Deur hierdie gedelegeerde gesag te probeer gebruik teen die Gewer daarvan, maak die oortreder hom skuldig aan Godslaster. Deur dit te misbruik om ‘n gelykgeskape medemens te viktimiseer, of om lyding op eg sadistiese wyse uit te rek, is ‘n minagting van die opsomming van die Wet soos in die vorige paragraaf aangehaal. En, in hierdie geval, waar beide stellings gelyk waar was, is dit rede vir groot belydenis deur die wat hulle vergryp het aan Vader se gesag en dit vir hulself probeer toeëien het vir eie gewin. Deur in die naam van ‘n ondersoek, ‘n gelyke broer of suster te verdink van allerlei ongeruimthede, die pyn te vererger deur kortaf en emosielose kommunikasie, en afhandeling van ‘n saak wat klarigheid nodig had, ewe sadisties uit te rek, is beslis nie die rede waarom Pa ons as gelyke medemens vir mekaar geskep het nie.

Daarom is die aangewese weg om te volg, dat hierdie twee boeties nadink oor hulle gevoellose en gewetenlose hantering van hierdie aangeleentheid, daarna teenoor Pa self bely en regmaak, en dan hulle opreg bedoelde apologie aan die weduwee en die familie aanbied. Waarna hulle publiek sal onderneem, om nooit weer, enige medemens op hierdie respeklose manier te hanteer of menslike lyding so doelbewus, sadisties en pynlik uit te rek nie.

En bied ook my begeleidingsdienste hiermee aan, aan hierdie twee broers van my, as hulle die behoefte daaraan sou hê om werklik tot introspeksie en retrospeksie te kom.

Die verwysing wat deur die polisie gebruik is vir hierdie aangeleentheid, is ...

Ek hoor graag van julle en vertrou dat soortgelyke insidente, van hierdie oomblik af iets van die die verlede sal wees.

© Stof 2012/11/11
.