stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Stingray Auto se onwelriekende besigheidsetiek
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Jaco Griesel en sy trawante onderskat Johann Visser...

Johann Visser. 'n Vooraanstaande persoon on die Hercules gemeenskap. Soos menige ander, ook opgesaal met die las van 'n meganies aangedrewe vervoermiddel. Dit het tot gevolg dat hierdie voertuig, van tyd tot tyd 'n bietjie liefde nodig het.

Natuurlik sorg Nicholaas Lucifer ook vir sy gevolg en boelie Johann en sy voertuig by Singray Auto in. Uitgelewer aan wolf en trawante, soos wat hy later egter te laat sou agterkom...

Op die derde Oktober 2011 betree Johann die perseel van Stigray Auto, natuurlik salig onbewus dat hulle naam reeds profeties moes wees van die steek in hulle diens... Sy navraag is oor die kruiskoppelings van die voorwielaandrywing. Hy vra ook dat die persoon wat beweer hy is in beheer, die toestand van die voorste wiellaërs moet nagaan en 'n moontlike aanbeveling maak. Die persoon verseker hom dat die koppelings beskikbaar is teen R680.00 elk, as hy herboude eenhede wil neem. Johann is 'n billike mens en die prys behaag hom wel. Sy begroting sal wel daarby kan bykom, al is dit net-net.

Johann is daarna na die soutmyne om sy daaglikse brood te gaan verdien. Die middag oppad huistoe, gaan loer hy weer in by die werkwinkel. En dis toe net daar, waar die sting in stingray begin manifesteer. Hy vind sy voertuig in 'n gedisekteerde toestand. Die werktuigkundige (heelwaarskynlik onder druk van Jaco) vertel vir Johann dat hy dit nodig ag om beide die voorste sowel as die agterwiellaërs te vervang. Die oggend gerusstelling oor die koppelinge verdwyn net so in die niet toe hy Johann vertel dat hy maar nuwe eenhede moet oorweeg teen R6533 vir die een kant en R6206 vir die ander kant. Dit, vergeleke met die geswore kwotasie van R680 per kant van die oggend, laat al die rooi ligte oor hierdie transaksie, gelyk aanslaan.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Ewe nonhcolant deel ta mos toe ook vir Johann ook mee dat hy beplan om hom te melk vir R545.88 elk vir die voorste wiellaërs en R635.62 elk vir die agterste wielaërs. Dit voeg 'n addisionele bedrag van R2363.00 by die reeds astronomiese bedrag. Siende dat dit lyk of hy Johann verder kan melk, beweer ta verder dat die bolkoppelings en die stuurstaafterminale ook sommer vervang moet word. Jy weet mos, Castle Lager se prys is al weer op... Die totale bedrag waarop hy uitkom, beloop meer as twintig duisend Rand. Johan vertel ta mos toe mooi dat dit nie is waarvoor begroot is nie en ook ooreenstem met die ondernemimg van die oggend nie. Hy gaan die saak met die agentskap waar hy sy voertuig gekoop het, opneem. So geseg, so gedaan.

Die vierde Oktober gaan Johann terug na Stigray en verduidelik mooi vir hulle dat hy ander alternatiewe sal moet oorweeg, aangesien die sneeubalbedrag nie sy begroting, sy reserwes of sy gemoed behaag nie. Jaco se trawant vertel meteens ewe liefies en tegemoedkomend vir hom dat hy aanbied om hom "slegs" R8400 te vra vir die werk... Dit sou insluit, die vervanging van die kruiskoppelinge, wiellaers, wielmonterings en stuurstaafterminale, sowel as 'n gering lekkasie by die een agterrem en die elektriese probleem met die remlig. Johan lig hulle in dat die wiellaers deur die agent vervang is en dit dus nie nodig is vir die vervanging daarvan nie. Die trawant vertel so ewe vir Johann dat dit nie kan wees nie. Johann is egter nie onder 'n kalkoen uitgebroei nie. Die skielike afslag wys mos nou duidelik dat Jaco en trawante hom van die begin af probeer melk het. Johann toets die trawant deur te noem dat hy dan die voertuig na die agent moet neem wat kwansuis so 'n swak voertuig aan hom verkoop het... Weens die feit dat die voertuig nodig is, trek Johann maar R4000 en laat toe dat Jaco en trawant hom melk vir die kruiskoppeling gedeelte, sodat die voertuig tog net moet klaar kom. Jaco dreig daarop dat hy maar 20% hanteringsfooi gaan vra vir sekere onderdele wat hy (sonder Johann se toestemming) bestel het. Dit was Dinsdag, 4 Oktober 2011.

Op Donderdag 6 Oktober 2011. Die handelaar bevestig aan Johann dat die kruiskoppelings vir R680 per kant kan vervang, (vergeleke met Stingray se R3000 per kant). Toe Johann vir Jaco hieroor inlig, dink jaco vinnig en sê dat die leweransier reeds sy bestaande eenhede kom haal het vir herbouing en hy dit dus nie kan kry nie. Johann dring egter aan dat die eenhede teruggebring en teruggestit moet word aan sy voertuig sodat hy die saak by die handelaar kan gaan regstel. Jaco se breinselle rook soos hy dink en boelie Johann daarin om "slegs" R1500 plus R1200, dus R2700 te betaal, dan sit hy die herboude eenhede in.

Die Vrydagoggend is egter 'n perd van 'n ander kleur. Die een werkwinkelassistent wat nie bewus was van sy kollegas se konkel nie, rapporteer aan Johann dat niemand ooit die eenhede gehaal het, en dus ook nie kon terugbring nie, en dat dit die hele tyd, in die werkwinkel was. Johann se skoreoefdraad doen geringe skade op en hy verduidelik vir die trawante dat dit hom nie behaag as daar so vir hom gelieg word nie. Johann gaan haal self die middag herboude eenhede, en neem dit self na Stingray. Die ertse reaksie aan Stingray se kant is dat die eenhede substandaard is en dat hulle dit nie kan insit nie. Johann sê egter vir hulle dat hyself die saak sal opneem met die herbouer as daar wel, maar onwaarskynlik, 'n latere probleem sou voorkom. Die trawante onderneem toe om die voertuig binne 'n uur en 'n half klaar te maak en gereed te hê vir aflewering. 'n uur en 'n half later is Johann daar. Daar beweer trawante mosa dat hy nog R1450 skuld en nie die voertuig kan kry nie. Uit desperaatheid om die voertuig te kry, betaal hy dit toe maar, met die oog daarop om dit later op te volg.

Johann vra toe dat hulle die onderdele wat vervang is, aan hom voorsien. Tot vandag toe, kon Stingray dit egter nie lewer nie. Die persoon wat later wel aanbied om te kyk, sê dat die ou onderdele in 'n stoor op 'n hoop gegooi word en dit moeilik sou wees om dit nou op te spoor. Maar hy voeg ook by dat iemand anders die sleutel van die stoor het en hy in elk geval nie toegang kan kry nie... Maar, belowe trawant hand en mond, Maandag kan hy die onderdele kom haal. Maandag het gekom, en gegaan.

Johann het later daardie week weer gann navraag doen oor die onderdele. En toe is daar 'n gekrap oral deur die werkwinkel om dit te "soek". Ironies genoeg, het noemand naby die stoor gekom waaravan die een trawant gepraat het die vorige Vrydag nie. Johann rapporteer ook aan die werktuigkundige met wie hy gesels, dat die rembeheerstelsel nie meer korrek werk nie omdat hulle die sensordraad teen die eenheid by die wiel afgeknip het. So kort. dat daar geen las moontlik is nie. 'n Las op hierdie soort verbinding, sou in elke geval ook nie veilig wees op langtermyn nie. Toe die werktuigkundige nie die ou onderdele kon opspoor nie, vra Johann vir die fakture vir die aankoop daarvan, of dan minstens die verpakking waarin dit sou kom. Dit kom ook nie gelewer word nie. Hy onderneem weereens plegtig dat hy verder sal soek en Jpohann sal skakel sodra hy dit kry. Steeds, tot op hede, was daar geen oproep nie.

'n Logiese gevolgtrekking sou dus wees dat hulle die vorige Maandag reeds geweet het herboude aandryfeenhede kos slegs R680 per kant. Dat hulle gehoop het Johann is naïef genoeg om te val vir hulle latere R3000 hipotese, waartydens hulle eghoop het hy sou nie die eerste gesprek onthou nie. Die verskoning dat sy voertuig 'n beperkte uitgawe is en dus skaars onderdele sou hê, het egter nie vir Johann gebluf nie. Dit was ook verdag dat hulle aangebied het om die werk gratis te doen, net omdat die onderdele so "duur" sou wees.

Sy laaste nota agter op die “JOB CARD” lees as volg.
Wheel Bearings = R2400-00
Handling fee = R1200-00
Labour = R 950-00
// R4550-00
Ball joints R/C R450-00
Tie Rods R/C R450-00
Totaal R5450-00

'n Ander sakie wat Johann se skroefdraad beskadig het, is die feit dat op die eerste faktuur, 'n BTW bedrag bygevoeg is. Vanaf die tweede faktuur, is dit egter nie gedoen nie. By navraag sou Jaco en trawante hom verseker dat hulle nooit BTW hef nie, omdat hulle nie daarvoor geregistreer is nie. Johann is egter in besit van die eerste faktuur, waar BTW wel gehef is. Hierdie kontradiksie laat die vraag: Hoeveel onoplettende klante/slagoffers word met onder die BTW vaandel, van 'n verdere bedrag geroof? 'n Ander skroefdraad wat beskadig is, is veroorsaak deur die persepsie wat Stingray geskep het dat hulle slegs die voorste laers gaan vervang, en dit slegs aan die een kant. Die faktuur, weerspieël egter 'n ander prentjie. Daar is egter rede om te aanvaar dat die agterste laers nooit vervang is nie, al is Johann daarvoor gefaktureer.

Latere ondersoek sou toon dat die besigheid baie blitsig hulle naam na Advanced Auto verander het. Tydens 'n joernalis se navraag, het die persoon wat geantwoord het, ontken dat Jaco Griesel enigssins betrokke is by die besigheid. Dat die naamsverandering die keuse van 'n nuwe eienaar is en hulle hul dus distansieër van sy doen en late. Tydens sy indringende daaropvolgende vrae, is die oproep van hulle kant af beëndig op heel agressiewe manier. 'n Dag of twee later doen 'n ouditeur ook navraag oor die feit dat hulle BTW hef, alhiewel hulle self beweer hulle is nie daarvoor geregistreer nie. Tydens die gesprek vra die ouditeur wat die oproep maak, om met Jaco te praat, en sy word deurgeskakel. Steeds aan diens, steeds in beheer... Hy nooi selfs die ouditeur om na sy boeke (watter stel?) te kom kyk. Johann het tydens sy eie navraag, ook die bewering oor die verkoop van die besigheid moes aanhoor. Tydens 'n professionele ondersoeker se gevolglike ondersoek, blyk dit egter ook onwaar te wees. Dit is dus onvermydelik om te wonder, is hierdie skielike naamsverandering, dalk 'n manier om die kollig te probeer ontsnap na die berigte op verskeie plekke oor die diens wat Johann sowel as enkele ander klante/slagoffers ontvang het? Vuyelwa brand om navraag te doen en wag net op die groen lig om haar span te mobiliseer...

Johann het na die insident, ook gesprekke gehad met ander klante/slagoffers, wat na die "herstelwerk", meer defekte had as wat hulle voor die "herstelwerk" had.

Enige iemand met verder navrae of nog inligting wat die situasie kan help oplos, kan met Johann praat by 0123463554 of 0718832365.

Om die gebeure, soos deur Johann self gedokumenteer, onder oë te kry, volg gerus hierdie skakel.

Hieronder die tersake dokumente:







© Stof 2011/10/22
.