stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Ouma se slim kind
Die Afrikaanse filmbedryf is weer op die spoor
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Ouma se slim kind is 'n plaaslik vervaardigde vollengte Afrikaanse rolprent deur Gustav Kuhn. Dit speel 'n paar dekades gelede af in 'n plaasgemeenskap waar 'n gestremde seun blom as gevolg van omgeemense se liefde, maar ook sy evarings as teiken van boelies en vooroordele teen gestemdes. Gustav slaag daarin om 'n realistiese storielyn te vermeng met meesterlike tegniese versorging.

In Ouma se slim kind word die meeste emosies wat ons as mense een of ander tyd beleef, treffend uitgebeeld. Daarom is dit so maklik om te vereenselwig met die karakters én die draaiboek. Vir dié kykers wat tussen die lyne van die draaibloek lees, is daar 'n bonus. Daar is 'n les in menswees, maar ook 'n boodskap dat elkeen van ons 'n plekkie in die son het.

Annelise Bosch speel die rol van Ouma op 'n hartroerende wyse. Dan steel Quinne black opnuut weer haar kykers se harte met haar, soos te verwagte, ongekunstelde vertolking van Klaradyn. Die hoofrol van Kareltjie word gespeel deur die Duan Saayman as klein Kareltjie en Renier Basson as Kareltjie die tiener. Fanjan, Kareltjie se boesemvriend, word deur Som Ramokgari as klein Fanjan en Aubrey Poo as Fanjan die tiener gespeel. Die karakter spel deurentyd ware omgee en onvoorwaardelike lojaliteit uit, 'n rariteit in vandag se haastige leefwyse.

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Hugh Masiteng speel Fanjan as 'n ou man, wat as storieverteller, die verhaal so fasiliteer dat veral die menslike dimensies daarvan prominent sigbaar is. Lucas Maree speel die rol van eksentieke mampoerboer wat in 'n gehuggie tussen die bosse woon, maar deur sy mensekennis en skerp waarnemings, 'n groot rol speel in die menswaardigheid van Kareltjie. Dan slaag Hykie Berg daarin om die boelie, Steyn Struwig, so lewensgetrou te speel, dat die kyker hom amper regtig wil haat daarvoor.
Ouma se slim kind het ook op 6 Mei 2007 die Kanna toekenning vir die beste vollengte film van 2007 losgeslaan. Dan het die draaiboek reeds in 2006 op die Apollo filmfees as kortfilm weggestap met die toekenning vir die "best script" asook die "audience award".
Nou is jou kans om hierdie besondere rolprent deel van jou te maak. Ouma se slim kind begin op 11 Mei landswyd te draai.

Maak seker jy bespreek nou reeds jou kaartjie by enige Ster Kinekor teater.

Klik hier om Ouma se slim kind se amptelike webwerf te besoek.

© Stof 2007/05/27
.