stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seëninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Jacques herdefineer virtuositeit
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Jacques Pienaar beskryf homself as 'n musikant, liedjieskrywer en kitaarspeler. Tog, as jy hom eers gehoor en gesien optree het, kom 'n mens agter dié beskrywing van homself is heeltemal te nederig. Hy is 'n virtuoos. Hy herdefinieer binne minute die kuns van kitaarspeel. Sy stem is buigbaar en val gemaklik in verskeie genres en toonsoorte in. Jacques raak harte met sy eie komposisies. Sy vars interpretasies van bekende treffers stel meer as een van die oorspronklike kunstenaars in die skadu. Jacques se jongste album, Moederland, is nou beskikbaar. Dié raakvat album bevat twaalf oorspronklike snitte van lekkerluister Afrikaanse luisterliedjies. Maak seker jy bestel joune terwyl daar nog voorraad is. Klik hier om per epos navraag te doen oor Jacques se album of optredes. Voor jy te laat is en sy dagboek vol is, of erger nog, om jou eksemplaar van "Moederland" te kon aanskaf.

© Stof 2009/11/19

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.