stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Gary Forwood laat kook die verhoog
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Gary Forwood klim toe mos op die verhoog. En die kniegies word die ene jellie. Gary het die gawe om, nog voor hy 'n enkele noot gesing het, sy gehoor se volle aandag te kry. Dan val hy weg. Sy stem wat elke noot raakvat, elke emosie vaspen. Sy uiteenlopende repertoire verstom elke luisteraar. Gary kan jou laat dans, jou laat huil, jou laat verlang, jou laat agteroorsit. Hy kan jou vir 'n volstel van vier ure aan jou sitplek vasgeplak hou.

Dan het hy nog 'n reuse arsenaal oor vir die encore, wat hy elke keer kry, oor en oor. As Gary van die verhoog afstap, is daar 'n opvallende teleurstelling. Gary stel 'n besondere uitdaging aan enige kunstenaar wat ongelukkig genoeg is om na hom op die verhoog te moet gaan. Dit is nie maklik om met sy veelsydigheid, sy eerlike interaksie met die gehoor en sy musikale perfeksie mee te ding nie.

Gary se eerste album, Geraamtes, het kritici stil gehad. Min was instaat om te kritiseer. Hierdie album spreek lewenssituasies aan deur musiek. Dinge wat ons elkeen een of ander tyd in ons lewens beleef. Op Geraamtes is ook verskeie bekende treffers en 'n paar oorspronklike treffers wat 'n nuwe dimensie in die mark ingelei het.

Op 20 Oktober 2008 is Gary se tweede album, Iemand soos jy met 'n glansgeleentheid by die Performer Teater bekendgestel. Hierdie album het verras met lekkerluister nuwe treffers en enkele opgewarmde weergawes van sy vorige album se werke. Daar is ook snitte ingesluit wat lekker skop aan enige partytjie sal kan gee. Hierdie album speel reeds gereeld op die meeste radiostasies met goeie smaak. Het jy dit al op jou musiekrak? Indien nie, hoekom nie?

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

Gary se jongste album Niel Diamond, greatest hits, performed by Gary Forwood is pas op 6 Maart 2009 by Pierneef Teater bekendgestel. Gary interpreteer Niel Diamond op 'n manier wat die gaste op die punte van hulle stoele gehad het. Hierdie album bring die nostalgie terug van die era toe hierdie Niel Diamond treffers oraloor op die lug was. Dis 'n lekkerluister treffer-album wat jy nie sommer sal wegpak nie. Maak seker jy lÍ jou hande op 'n eksemplaar van hierdie album. Daarsonder is jou musiekversameling baie arm...

Gesels nou met Yvonne by 0823718226 as jy vir Gary wil bespreek vir 'n optrede. Jy kan haar ook epos by yvonne@garyforwood.co.za. Jy kan ook met Yvonne praat as jy nie Gary se albums op die rak sien nie. Sy kan jou help om jou eksemplaar te bekom of om die sakie spoedig reg te stel.

Wat jy ookal doen, maak net seker om Gary te ondersteun, is deel daarvan, In ruil vir jou ondersteuning vul hy daardie gaping in jou musiekopvoeding wat jy lankal moed opgegee het. Nou is daar mos weer hoop vir die musiekbedryf... Alles danksy Gary Forwood!

© Stof 2009/04/13
.