stof tot stof, stof tot nadenke:
'n stowwerige gegriffel
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie. Twee breinselle bots en woordkluise breek oop.
Soli Deo Gloria!

Met dank aan God drie-enig vir al die seŽninge wat Hy so mildelik en onverdiend op ons uitstort!

Amanda getuig deur musiek
Artikels Indeks
Stof se Tuisblad
Kopiereginligting

Anderdag sien ek toe 'n maatemmer rondlÍ. Besluit toe maar om dit om te keer en te loer wat kruip daar weg. Groot was my verbasing toe Amanda daar uitloer. Toe raak sy mos aan die sing. En al wat engel is begin saamsing soos wat sy hulle inspireer! Amanda is 'n Geesvervulde mens wat deur haar besondere musiek tot harte spreek en seker maak dat elke luisteraar met 'n greintjie ekstra hoop huis toe keer. Haar debuut-album, Aanbid U Majesteit, was 'n topverkoper selfs kort na die uitreiking daarvan. Daarna was sy besig met 'n paar ander belange, en nou is sy weer beskikbaar om jou getuienisgeleentheid te kom omtower na 'n kragtige mens-metamorfose. Gesels ook met Amanda oor ander geleenthede wat jy graag wil inkleur met haar talent en teenwoordigheid. Skakel vir Amanda by 0794903581 om jou navrae te rig of om haar te bespreek, voordat haar dagboek so vol raak en jy laaaaank sal moet wag vir die voorreg om haar in jou midde te verwelkom.

© Stof 2008/06/04

Kopieregkennisgewing:
Hierdie werke is die intelektuele eiendom van Stof. Klik hier vir volledige kopiereginligting.

.