So gebeur dit mos toe dat dat Options Events se Skoukas die 20e Maart 2007 by Die Bosvelder, 'n groot sukses is. Gaste het vasgenael gesit. Kunstenaars was van top gehalte en daar was verskeie encore geleentheid. Ons het die voorreg gehad om
Abrie Smit, Chrisman Baard, Jan Hanekom, Johann Visser, Nita Booyse, René en Bertus
op die verhoog te sien. Elkeen van hierdie uiteenlopende kunstenaars het daarin geslaag om die gaste op hul sitplekke te hou. Bertus het getoon dat klasieke country nommers jong harte kan steel en het verseker sy merk gemaak. Bertus is die rekordhouer vir die kunstenaar wat die meeste encore's gekry het tydens Skoukas. Chrisman Baard het nuuswaardige sosiale kommentaar deur musiek gelewer en 'n paar gaste lekker laat krul van lag. Sy besonder styl kitaarspel het almal bygebly. Abrie het deur kragtige getuienismusiek gewys dat die blye nuus van Jesus Christus se verlossing ook artistiek aanloklik kan wees en nie 'n duim hoef terug te staan vir die sogenaamde kommersiële musiek nie. Hy het verskeie gaste en kunstenaars met 'n brokkie goeie nuus huis toe laat gaan. Jan Hanekom het sy veelsydigheid tentoongestel deur akoestiese musiek en elektroniese begeleiding so te integreer dat dit al die genres steeds gevlei en aangevul het. Jan se CD, Spore is steeds beskikbaar en beloof om tot jou hart te spreek. Jy kan jou eksemplaar bestel deur hier te klik. Johann Visser het die amper vergete treffers weer na vore gebring. Hy interpreteer dié treffers op so 'n manier dat dit vars klink en weer die potensiaal toon om opnuut treffers te word. Nita Booyse het die gaste aan haar voete gehad met haar lewendige musiek waarin sy hulde bring aan die liefde. Deur haar op en wakker musiek het sy gewys dat die liefde vandag steeds mense inspireer en betekenis gee. Nita se CD "Net vir jou", 'n lewendige huldeblyk aan die liefde, is ook nog beskikbaar en kan bestel word deur hier te klik. René het harte gewen deur nostalgie en ervaring suksesvol te inkorporeer in treffende musiek. Haar eie komposisies roer, haar vertolkings hou aandag gevange en haar verhoogpersoonlikheid verseker dat almal haar net wil ontmoet. Maar seker jy doen navraag oor haar, haar besondere musiektalente en haar CD wat beskikbaar is en deur 'n epos aan Options Events te stuur.